top of page

BIOGRAFIE

Jy ken haar dalk nét as die “Hoezit my tjomma” Flooze wat jonk én oud vermaak en laat lag, maar glo dit of nie, daar is ‘n dinamiese dame genaamd Sorina ágter die masker van die Flooze wat, met ‘n meestersgraad in Regte agter haar naam, mense verras met haar ernstigheid en haar opregte menswees en wat al meer geliefd raak op vertonings soos dames-oggende, feeste en privaat funksies. 

​​

Kunstenaar. Sepiester. Aktrise. Sangeres. Komediant. TV aanbieder. Seremoniemeester. Liedjieskrywer. Maar van almal is die grootste en belangrikste titel vir haar die ene wat haar klassifiseer as Mamma. As Mamma van n besige Braambossie (9) en Miana (7) weet sy hoe dit voel om in Mamma-wees se spesiale, dankbare en nederige pantoffels te loop. Saam met manlief Braam Riekert maak hulle n gedugte span want nie net is hulle vanjaar 15 jaar getroud nie, maar is hy ook die bestuurder van Sorina se sangloopbaan

En of sy nou Flooze is wat met haar humor gehore van kleinkinders tot grootouers laat skater dat Oumagrootjie se valstande uitval of Sorina is wat as gewone Mamma vir mense hoop gee met haar hart se musiek, is daar een ding wat deurentyd onveranderlik sal bly, haar lewensmotto:

"WAT EK IS, IS NET GENADE EN WAT EK HET, IS NET GELEEN!"

bottom of page