top of page

TERMES EN VOORWAARDES

Die kompetisie begin amptelik 25 Sept 2023 en eindig 27 Oktober 2023 om middernag. 


Wie kan inskryf:
Die kompetisie is oop vir enige groep leerders /personeel wie by n skool in spesifiek LIMPOPO PROVINSIE in Suid-Afrika ingeskryf is. Die deelnemers moet in spanne inskryf en dit kan enige groep leerders wees van daardie betrokke skool in LIMPOPO PROVINSIE

 

Vereistes vir inskrywing om in aanmerking te kom:
Om in aanmerking te kom en n kans te staan om te wen, moet die stappe gevolg word soos hieronder uiteengesit:
1:
Neem n kort video van n enige span in jou skool waar die span / leerders n shoutout gee vir die Bokke tydens die Wereldbeker GEVOLG DEUR jou oorwinningsdans op Sorina se liedjie “Tjomma jy’s n Champion”. 
2: Laai die video op jou
skool se sosiale media Instagram & Facebook pages
3: Tag @sorinaflooze en gebruik die
2 hashtags #LimpopoTjommaChallenge en #skaapenskoffelfees.
4: Vul die inskrywingsvorm in op Sorina se webtuiste www.sorina.co.za 
 

Let wel dat slegs video’s wat deur die skool se amptelike Instagram en Facebook blaaie gelaai is, in aanmerking geneem word en geen private of publieke pages nie.


Uiteensetting van pryse:
1x skool wen R12 000 kontant
1x skool wen R4000 kontant
2x skole wen R2000 kontant
Die inskrywings per skool word nie beperk nie en daar is n moontlikheid dat n skool wat meer as een korrekte inskrywing en stappe voltooi het, wel ‘n kans staan om al die kontant pryse te wen. 


Hoe word wenners gekies en aangekondig:
Wenners word deur n gelukkige trekking bepaal wat sal geskied by die Skaap en Skoffel Fees verhoog op 28 Okotber 2023. Die beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie rakende die proses, pryse of wenners sal gevoer word nie. Slegs die wenners sal na afloop van die kompetisie gekontak word deur die fees organiseerders. Dit is die fees organiseerders se verantwoordelik om die oorbetaling met die wenskole te finaliseer en oor te betaal.

 

Regte, goedkeuring en lisensies:
Deur vir hierdie kompetisie in te skryf, gee deelnemers die volle toestemming aan Sorina en organiseerders van die Skaap en Skoffel Fees om die videos wat op sosiale media ingeskryf en geplaas is, te mag gebruik en word toestemming verleen om sodanige videos op hulle eie digitale platvorms te gebruik vir bemarkingsdoeleindes en gepaardgaande redes.

 

Beskerming van Privaatheid:
Die deelnemers en skole se persoonlike inligting wat op die inskrywingsvorm ingewin word tydens die kompetisie, sal slegs gebruik word vir doeleindes van die kompetisie en vir geen ander redes nie
Slegs die besonderhede van volwassenes en skole se kontak besonderhede sal op die inskrywingsvorms aanvaar word en geen minderjarige se besonderhede mag op die inskrywingsvorm verskaf word nie.
Slegs volwassenes mag die vorms invul en aanstuur en slegs vorms wat reg ingevul is met sodanige inligting, sal in aanmerking geneem word vir die gelukkige trekkings.
Die name en videos van die wenners sal wel op sosiale media gedeel word na afloop van die kompetisie.

 

Vrywaring:
Sorina en die organiseerders van die Skaap en Skoffel Fees sal nie verantwoordelik gehou word vir enige skade, kompensasie, eise, genoegdoening ensovoorts in watter vorm ookal wat opgedoen word deur deelnemers gedurende en na afloop van die kompetisie nie.

 

Algemeen en terminasie:
Die organiseerder behou die reg om die kompetisie aan te pas, te verander of te beeindig op enige tydstip of vir enige rede sonder voorafgaande reelings of bekendmaking
Deur aan die #LimpopoTjommaChallenge sosiale media kompetisie deel te neem, stem die deelnemer(s) in en aanvaar al die terme, voorwaardes, reel en regulasies soos uiteengesit hierbo. Verwittig u asb van al die reels, anders kan deelnemers gediskwalifiseer word.

 

KOPIEREG © 2023. SORINA MANAGEMENT, GAUTENG. All rights reserved 

bottom of page