top of page

VERTONINGS

Vertoonings

Sorina/Flooze se vertonings is van hoogstaande gehalte, uniek in haar soort en ’n waarborg om ’n plesier vir oud en jonk te wees. Haar mark is beslis baie wyd – van kleuters, tieners, studente, “grootmense” regdeur tot bejaardes.

Sy is beskikbaar en aanpasbaar vir enige tipe funksie of geleentheid, onder andere groot buitelug konserte, skoolsaal konserte, dames-oggende, manne-aande, ma & dogter funksies, fondsinsamelings, feeste, jaareindfunksies, gholfdae, veilings, troues, kortweg basies enige iets onder die son.

Sy doen enige tipe optrede. Van aanbieder (“MC”), sangeres, motiveringspreker, promosies of selfs ‘n kombinasie van bogenoemde en nog meer.

 

Sy pas haar vertoning aan by jou behoeftes en indien jy ‘n spesifieke tema het kan sy haar program daarby laat inpas en jou gekose onderwerp gebruik. Sorina & Flooze se vertonings is beslis iets om te ervaar want met Sorina se sagte, stylvolle, liefdevolle aanslag en Flooze se lawwe maltrap grappige “ways” is daar beslis iets vir elkeen in die gehoor – van die fynproewer en gesofistikeerde tot die vrolike en jolige, insluitend die kleinste Tjommies, groot Tjommas en die oudste Tjommammas. Bespreek haar nou om jou funksie WOEMA te gee!!

Dames tees

DAMESTEE FUNKSIES

Met Sorina as kunstenaar by jou spesiale dames tee, is daar altyd iets vir iemand om saam huis toe te neem. Sy doen n kombinasie van die lawwe Flooze wat jou laat lag dat die tone omkrul asook die stylvolle en sagte Sorina wat jou laat verlang, waardeer en glimlag oor klein dingetjies in ons alledaagse lewenswandel.

Sorina kan enige tema in haar aanbieding gebruik en haar aanbieding is n kombinasie van vertellings en sang, soms uit Sorina se hart en soms uit Flooze se pittige pen. Die aanbieding duur gewoonlik tussen 60 en 80 minute en jy kan of jou eie tema kies indien jy dit sou verkies of daar is verskeie ander temas, onder meer:

  • Sprokies – Elke mens het ‘n mooi sprokie om te skryf

  • Seisoene – Die Lewe se seisoene

  • Inspirasie – Om geïnspireerd te bly en op die mooi dinge om jou te fokus

  • Drome – Om altyd aan te hou droom en nooit jou drome te laat gaan nie.

  • Hoop – n Mens kan alles in die lewe verloor maar nooit Hoop nie, Hoop in God dra jou deur elke duisternis in jou lewe.

  • Moeder en Dogter - Elke kind het n Ma en elke Ma het n Moeder

Gewoonlik is die oggendtee program ‘n mengelmoes van emosies wat elke vrou en vriendin sal laat lag, sal laat huil, sal laat lewe en beslis nader aanmekaar sal bring. Dit is n samesnoering oor die lewe se seisoene in elke Ma/dogter verhouding, oor die klein bokstert-dogtertjie stories wat n Ma n dogter vertel, oor die grootmenswording wat elke Ma vir haar kind droom EN vrees, en helaas oor die ouderdom wat niemand ontsien nie en dus elke eens jong Ma/vrou vol gryse wysheid en plooie laat. En natuurlik pop die Flooze ook in om haar unieke eier te le oor die tips wat haar Ma (of soos Flooze haar noem Magogo Goose) haar geteach het, kop jy my tune?

bottom of page