WATERPOKKIES in WITBANK is die nuwe GOOSEBUMPS wat jy sal kry met hierdie nuwe Flooze tunes se dol-doller-doller-as-kop-af lawwighede KAALVOET EERLIKHEID is die nuwe GEVOEL wat jy sal ervaar met SORINA se lief-liewer-liefste kinderlikheid.
Die titelsnit “Ek watch jou” sal jou voete steam laat juk, die tune “Boeretango” sal jou laat cha-cha-cha en foxtrot op die beat van die kalfiewals terwyl “Varkie Voster van Koster” jou sal laat rock, rat, ruk en rol soos plaasmodder op ‘n Toyota se tyres.. Maar dié rondte klim Sorina, die meisiemens agter die masker van die Flooze, egter self ook in die bokskryt om gestroop te staan en mense die binnekant van haar hart se woorde te wys. Met ongelooflike lekker-liefdes-lirieke in liedjies soos “Die Kaalvoet lovers” en “Lief-Liewer-Liefste” kan mens nie anders as om krultoon weggevoer te raak deur die liefde nie.
Flooze en Sorina kom ook “face to face” teen mekaar te staan om die ultimate vraag te vra: WIE IS EK?! Tog, maak nie saak watter antwoord hierdie vraag kry nie, die feit bly staan: Sorina en Flooze is onafskeidbaar en haar aanhang strek regoor die reënboognasie, haar fans se ouderdom ken geen perke nie en haar unieke stem en karakter-mannerismes maak haar baie geliefd, selfs onder haar gesigs-en gehoorgestremde tjomme. Daarom was dit vir Sorina belangrik om ook aan daardie fans haar dank te betoon deur hierdie album meer gestremd-vriendelik te maak. So kan haar blinde vriende die bedankings as ‘n bonus-track luister en word subtitels by die bonus dvd gevoeg vir gehoor-gestremdes om die video via woorde te volg.
EK WATCH JOU is landwyd beskikbaar
1. WIE IS EK? (FLOOZE vs SORINA)
Lirieke: Sorina Erasmus (In MS (Samro)
Musiek: Sorina Erasmus (In MS (Samro) & Cornell Boshoff (In MS Samro)
Flooze: Ek is die tjom van elke tjom wat van Witbank valley kom. Ek’s die girl met die bling-bling bike. Ek is rough, ek is tough, ek is flippen zippen laf. Soek jy trouble met my? Ek sal jou fight!
Tog is daar people wat my judge. Hulle skinder dra ‘n grudge. En vergeet dat ek ook seer kan kry. Dan gee Sorina my weer moed. Sy sê: “Vergeet van al die goed. Jy is en bly die beste pel vir my”
Sorina: Want maak nie saak wat die mense van jou sê nie. Maak nie saak wie jy is of wat jy het nie. Wees jouself en die mense sal dan met die tye vind. Die Flooze is net ‘n gewone meisiekind. Want niemand anders kan soos jy wees nie. Maak nie saak wat die mense van jou lees nie. Wees jouself en die mense sal dan met die tye vind. Die Flooze is net ‘n gewone meisiekind. Sorina is net ‘n gewone meisiekind.
Dit is wie ek is. Wie is ek?
Flooze: Ek is die olie spannerkop. Ek fix ‘n trok se wiel tjop-tjop. What you see dis what you get. Wie ek is kan ek nie change nie. Ek is honest nie geveins nie. En my tjomme, dis al wat ek het. Maar die snobs en die klieks en die upperlip-freaks. Check my uit en lag vir my. Dan sê Sorina weer vir my: “Al voel jy sad dis okay! Jy is en bly die beste pel vir my!”
Terug Boontoe
2. EK WATCH JOU!
Lirieke: Sorina Erasmus (In MS (Samro)
Musiek: Sorina Erasmus (In MS (Samro) & Cornell Boshoff (In MS Samro)
My naam is Flooze. My bike is Flossie. ‘n Man met kuite kan ek nie los nie. Maar wat’s my naa-aam? FLOO-OO-OOZE! My regte naa-aam? FLOO-OO-OOZE. My naa-aam? FLOO-OO-OOZE.
Hul sê ek’s kommin, ek is tappit! Boring! Overacted! Maar wat’s my naa-aam? FLOO-OO-OOZE! My regte naa-aam? FLOO-OO-OOZE. My naa-aam? En as jy nie kan hoor nie dan skree sy bietjie harder: Me gotta spirit, yes me do! Me gotta spirit en my naam is Flooze!!
Tjom, ek watch vir jou, jy lag jou flou. Dink jy’s cool omdat ek my kommin hou. Kom sê dit in my face. Is jy man of is jy muis? Dan sal ek jou wys, die wille Witbank ways!
Me will me-e wi-ill watch jou. Me will, me will watch jou! Me will me-e wi-ill watch jou. Me will, me will watch jou! Ek watch jou...
Terug Boontoe
3. BRUCE EN DIE FLOOZE
Lirieke & Musiek: Sorina Erasmus (In MS Samro)
John Travolta & Olivia, staan opsy. In SA sal jy vir Bruce & die Floozie kry!
Hy's ‘n blue eye blonde man. Maak die vroumense se kniee lam. Hy kan suffer, scor en scheme. Hy’s ‘n bad boy every woman’s dream. En hierdie hot ou soek ‘n vrou om hom hotter te hou.
Sy's ‘n backstreet bikerchick. 'n Vroulike mechanic. Sy kan vry en sy kan fight. Sy’s die regte goose vir Mister Right. En hierdie cool girl soek ‘n bul om haar engine brul.
Want hy's ‘n honey-heartbreaker. Sy is dangerous. Hy's ‘n lover-losloper. Sy is bang vir niks. En hoe dit ookal sy. Sal elke pot sy deksel kry. Bruce laaik die Flooze en die Flooze chaff vir Bruce. Lekker local lovebirds op ‘n sunset cruise. Soort soek soort. Elke dam se ganse hoort En soos Bonny en Clyde. Sien ek hier kom moeilikheid.
Want hy's ‘n honey-heartbreaker. Sy is dangerous. Hy's ‘n lover-losloper. Sy is bang vir niks. En hoe dit ookal sy. Sal elke pot sy deksel kry. Want agter elke ou. Is daar dalk ‘n Witbank vrou...
Sy's ‘n backstreet bikerchick. 'n Vroulike mechanic. En hy kan suffer, scor en scheme. Hy’s ‘n bad boy every woman’s dream. En blue-eye Bruce soek die Flooze om hom altyd te smooch.
Terug Boontoe
4. LIEF-LIEWER-LIEFSTE
Lirieke: Sorina Erasmus (In MS (Samro)
Musiek: Sorina Erasmus (In MS (Samro) & Johan Rautenbach (In MS Samro)
Jy’s my Lief-Liewer-Liefste-Allerliefsteling. Ek wil ‘n hele veld Namakwaland na jou toe bring. Toegedraai in hemel-drome. Vir mekaar beskore. En jy bly ek belowe, my aller-liefste-ling.
Kupido het gedog hy maak eendag fout. Toe sy pyl en boog wegraak in ‘n bosveld feetjiewoud. Hy soek in Drakensberge, maar het toe moed verloor. Want die pyl wat ek gevat het, het verdwyn sonder ‘n spoor.
Die rede vir my aksie is konfidensieel. Want my missie was om jou, vir myself te steel. En een aand in die wildtuin om ‘n braaivleisvuur. Het ek die pyljie met ‘n briefie na jou hart se huis gestuur.
En dit sê: Lief-Liewer-Liefste-Allerliefsteling. Ek wil ‘n hele veld Namakwaland na jou toe bring. Toegedraai in hemel-drome. Vir mekaar beskore. Jy bly, ek belowe, my aller-liefste-ling.
Getref tussen die oë, van jou voete afgeslaan. Het die pyltjie van Kupido deur jou hart gegaan. Die dag daarna toe staan jy op my Klein Karoo stoep. En vlieg met vlerkies van die liefde toe jy met ‘n soen my groet.
En jy sê: Lief-Liewer-Liefste-Allerliefsteling. Ek wil ‘n hele veld Namakwaland na jou toe bring. Toegedraai in hemel-drome. Vir mekaar beskore. Jy bly, ek belowe, my aller-liefste-ling. Ons sal die liefde vuur en vlam verlief vir altyd hou. Want jy weet ek weet jy weet ek, is altyd lief vir jou!!
Terug Boontoe
Lirieke: Sorina Erasmus (In MS (Samro)
Musiek: Sorina Erasmus (In MS (Samro) SA) & Marius Brouwer (In MS (Samro)
as die storm om my woed, red Jy vir my. en as ek op die pad verdwaal, sal Jy my kry.
as ek ook wil moed verloor, sal Jy baklei. en as ek bang vir môre wag, bly Jy my bly.
Jou liefde lei en maak my vry, Jy’s die Engel langs my sy.
dis Jy, wat Jou vlerke om my vou, wat my in Jou gedagtes hou, as ek voel ek kan nie meer,
weet ek sal Jy gee, al die vrede wat ek vra, my optel en my dra. en in Jou hart se hande hou, ‘n ewigheid vir nou.
as die wêreld teen my draai, bly Jy getrou. en as ek dalk van als vergeet, sal Jy onthou.
as almal my verlaat het, sal Jy steeds bly klou. en as Jy nog nie weet nie – ek lewe vir Jou.
die Engel langs my sy. U is oral rondom my...
Terug Boontoe
6. BIKE BRIEKE BOOGIE
Lirieke: Sorina Erasmus (In MS Samro)
Musiek: Cornell Boshoff (In MS Samro)
Hierdie is die Flooze se eie disco moves. My tjomma sien jy kans vir die bike briekedans?
Is jy ready? Gooi die beat! Dis ‘n rokkie bokkie sokkie dis ‘n treffer. Dis ‘n doef-doef liedjie dit is zeffer! Dis ‘n rokkie bokkie sokkie dis ‘n treffer. Dis ‘n doef-doef liedjie dit is zeffer!
Righto my tjomma. Ek gaan vir jou wys hoe om op ‘n bike te cruise soos die regte egte Witbank Flooze. How to throw ‘n paar tricky tricks!
Okay! Trick 1: Doughnut, gooi gooi ‘n doughnut, gooi gooi n doughnut, gooi gooi ‘n doughnut. BRIEK ander kant. Doughnut, gooi gooi ‘n doughnut, gooi gooi ‘n tappit doughnut, mooi my tjom!
Trick 2: En wheelie, vat ‘n wheelie, vat ‘n wheelie, pappie dis ‘n ysterperd, jy moet wheelie. Vat ‘n wheelie. My voete juk nou steam!
Okay Trick number 3: Die briekdans, briekdans, briekdans he he aweto tjomma. Hei magogo jy moet jika-ma-jika brieka-ma-brieka, kop jy my tune?
Ok nou nommer 4: Forward and back. And forward and back, trap hom forward pappie, mammie vat hom back mooi (laggie) forward back!!
Righto, Flossie is nou opgehot ons sit hom aanmekaar
Hei DJ! Tune ‘n beat... Gooi ‘n doughnut! Vat ‘n wheelie! Jika-brieka! Forward and back.
Weer. Doughnut! Whee-whee-whee-wheelie! Brieka! Trap hom forward and back.
My tjom, mooi man.
Hierdie is die Flooze se eie disco moves. My tjomma sien jy kans vir die bike briekedans? Is jy ready? Is jy ready? Hierdie is die Flooze se eie disco moves. My tjomma sien jy kans vir die bike briekedans? Is jy ready? Is jy ready?
Gooi hom slow-mo! Hee-ha Bike Brieke Boogie se disco groove. Dis die doughnut, die wheelie, die briekdans moves. Gooi die beat in jou sokkies en biker shoes. Come on let’s go en trappit flou. Die Bike Brieke Boogie se disco groove. Dis die doughnut, die wheelie, die briekdans moves. Gooi die beat in jou sokkies en biker shoes.Come on let’s go en trappit flou. Go en trappit flou. In hierdie Bike Brieke Boogie show
Terug Boontoe
7. EK KAN EK WIL EK SAL EK GAAN
Lirieke & Musiek: Sorina Eramsus (In MS Samro)
VOORWOORD: “Ek kan ek wil ek sal ek gaan” is die wyse woorde wat my Ouma vir my as voorskoolse bok-stert dogtertjie geleer het. Min het sy geweet dat haar wysheid hierdie naamgenoot kleinkind op die lewenspad sou dra. Opgedra aan Ouma Sophia Catharina, ek verewig jou bestaan in hierdie woorde!
Aan almal wat glo & nie moed opgee nie. Aan hulle wie se drome met tyd nie verweer nie. Aan die wat niks het en nooit ophou probeer nie. Aan jou wat dalk voel jy wil maar kan nie meer nie. Onthou net: JY KAN!!!
Ek het die pad gestap. Die trappe geklim. Soms afgeval. En weer voor begin. Ek het die roete verloor. Maar aanhou glo. Aanhouer wen. Eendag is jy bo. Want wie nie waag nie sal nooit weet nie!
Ek kan ek wil ek sal ek gaan. Ek moet net aanhou maak ‘n plan. Al voel dit of ek moed verloor. Val ek af begin van voor. Ek kan ek wil ek sal ek gaan. Al is my binneste gedaan. Hou net Glo, hou net gee. Hou net Hoop in elke tree.
Maar ek het moeg geword. Amper opgegee. Gesweer dit is. Die laaste keer. Vir oulaas opgekyk. Gebid vir krag. Hoop gekry. Hy dra my elke dag. Want wie nie vra nie sal nooit kry nie!
Terug Boontoe
8. KAALVOET LOVERS
Lirieke: Sorina Erasmus (In MS Samro)
Musiek: Sorina Erasmus (In MS Samro) & Marius Brouwer (In MS Samro)
Ek kan nie wag totdat ons eendag kys nie. En ek word jou mooiste meisie. Kannie ophou vir jou kyk. Hoe ek saam met jou sal lyk nie. Kannie wag totdat ons trou. En jy’s my man, ek’s jou vrou. ‘n Platdak in die platteland. String klomp kleintjies aan die hand. Kaalvoet lovers, dis ek en jy. In love forever, sal dit bly.
Baby Babe, jy maak my hart my kop so crazy lyk. Jy sit die liefde in die lug. Bring die butterflies weer terug. As ek voor jou sjarme swig. Baby Babe, en as my hart my kop so crazy lyk. Sit jy die bubble in my smile. Gee my vlerke for a while en ek sal jou vir niks verruil.
Ek kan nie glo ons is toe gekys nie, en ek is jou mooiste meisie. Kannie ophou vir jou kyk, hoe ek saam met jou nou lyk nie. Kannie glo ons het getrou. En jy’s my man, ek’s jou vrou. ‘n Platdak in die platteland. String klomp kleintjies aan die hand. Kaalvoet lovers, dis ek en jy. In love forever, sal dit bly.
Terug Boontoe
9. WONDERWERK
Lirieke & Musiek: Sorina Erasmus (In MS Samro)
Ek en jy kon staande bly teen alles wat seermaak. Maar toe het jy dit reggekry om my alleen te laat. Met al die wonde, al die wonder, net ‘n wonderwerk. Sal ons weer van vooraf leer om lief, vir mekaar te raak.
Ek weet jy, wou nog bly en die vrede maak. Maar toe het jy, weg gaan kruip in die skuiling van jou hart. En al die wonde, al die wonder en net ‘n wonderwerk. Sal ons weer van vooraf leer om lief, vir mekaar te raak.
Want waar die oorlog eindig het die stryd begin. Om ‘n lewe sonder jou weer lewendig te bring. En alles wat verkeerd geraak het, sal ons reg moet maak. Om elke keer, weer lief vir mekaar te raak.
Moenie sê dit wat ek nie wil hoor nie. Want ek weet jy voel ook ons is nog nie oor nie. Ek bid dat jy nie in ons hoop verloor nie. Want ek en jy, moet steeds baklei – vir jou en my.
Terug Boontoe
10. VIR JOU
Lirieke: Sorina Erasmus (In MS Samro)
Musiek: Sorina Erasmus (In MS Samro) & Johan Rautenbach (In MS Samro)
Vir jou sal ek oor duisend myl se disseldorings loop. Die duurste Michael Angelo skilderye koop. Vir jou soek ek robyne in die son se rooi. Sahara sandwoestyne in ‘n bottel vir jou gooi
Vir jou sal ek die nar wees in elke sirkus storie. Die Big Ben vir jou steel, dat ons nooit die tyd verloor nie. Vir jou sal ek die swaard met ‘n regte ninja kruis. Maar bowenal jou uitnooi hier, in my hart se huis
Om daar jouself te vind. En ‘n plekkie te kan kry. In reën, hael of wind. By my in te kruip. Om daar jou nes te skrop. En in my hart te bly. En sit ‘n bordjie home sweet home daarop
WELKOM! In die warmte van my.
Vir jou hou ek die wêreld se water in my hande. Ek veg vir jou teen drake, in vreemde verre lande. Vir jou soek ek die silwer-rand in ‘n wolk se grys. Maar ek sal bowenal jou uitnooi hier in my hart se huis.
Terug Boontoe
11. NET ‘N BIETJIE HOOP
Musiek & Lirieke: Sorina Erasmus (In MS (Samro)
VOORWOORD: Vir elkeen wat ‘n geliefde deur die finaliteit van kanker se genadeloosheid verloor het. Vir die medici wat soveel pasiënte al soveel keer verlaas moes groet. Vir Ouma Sarie Annemarie en Lelanie – omdat God die dood reeds oorwin het.
Gister was ons lewe nog ‘n sprokie uit ‘n boek. En paar maande later moes ons noodgedwonge groet. Langs 'n koue bed, wat nie joune is nie. En 'n kanker wat jou net nie wil laat rus nie.
En ek wens ek kon die seer uit jou lyf se lyne sny. Ek wens ek kon die pyn en angs uit jou hart baklei. Ek wens ek kon weer krag in jou moeë liggaam plant. En ek wens jy hou vir oulaas, net vir oulaas, weer my hand!
Die tyd dit raak ons vyand, die pyn dit word jou vriend. Jy's die laaste een wat so ‘n leiding moet verdien. In 'n koue bed, wat nie joune is nie. Met 'n kanker wat jou net nie wil laat rus nie.
En ek wens ek kon die seer uit jou lyf se lyne sny. Ek wens ek kon die pyn en angs uit jou hart baklei. Ek wens ek kon weer krag in jou moeë liggaam plant. Want ek wens jy hou vir oulaas, net vir oulaas, weer my hand!
Net ‘n laaste oogknip en‘n laaste klein geselsie, ‘n laaste grappie wat niks met die siekebed behels nie. Net ‘n bietjie Hoop en ‘n laaste smeekgebed, ‘n laaste woord vir ewig dan hou ek vas aan wat ons het…
Kanker dit verwoes, verniel die mens se bestaan. Maar dit kan nie God vernietig nie! Hy sal deur dit alles met jou gaan!!
Terug Boontoe
12. MAMMA
Lirieke: Sorina Erasmus (In MS Samro)
Musiek: Sorina Erasmus (In MS Samro) & Johan Rautenbach (In MS Samro)
Mamma dis nag – maar met jou lamp is jy die lig wat jou lewe om my vou. Ma dis koud – maar jou arms is komberse wat my altyd warm hou. Ma die winde waai my weg, en storms spoel oor my.Tog jou liefde is die anker wat my staande sal laat bly.
Hoe kan ek jou ooit bedank, die woorde is te min? Die dae gans te kort om jou goedheid te besing? Ek wens ek kan ook eendag, eendag word soos jy. Want as die wêreld lank reeds slaap weet ek, jy jy Bid vir my.
Dis ver – hierdie lewenspad wat ek moet loop, ek weet jy sal my dra. Maar Ma ek’s bang – maar jou hand is altyd naby om die vrese weg te jag. Ma die winde waai my weg, en storms spoel oor my. Maar jou liefde is die anker wat my staande sal laat bly
Hoe kan ek jou ooit bedank, die woorde is te min? Die dae gans te kort om jou goedheid te besing? Ek wens ek kan ook eendag, eendag word soos jy. Want as die wêreld lank reeds slaap weet ek, jy jy Bid vir my.
Jy dink ek dink dalk nooit aan jou nie of ek het jou vergeet! Jy dink my lewe is so vol, dat ek jou sal afskeep. Maar doen ma self ‘n guns, en raak net bietjie stil vir nou. Want of die wêreld slaap of wakker is, sal jy hoor - ek bid vir jou!!
Terug Boontoe
13. VARKIE VOSTER VAN KOSTER
Lirieke & Musiek: Sorina Erasmus (In MS Samro)
“By die koöperasie in Koster, ken almal my as Varkie Voster”
Hy’s ‘n beer in sy bos-brulle-bakkie. Het ‘n moewiese varkboerdery. Growwe hande wat nie maklik raak slat nie. Maar pappie as ek tréf, is dit verby!
As die wind soms sy draai-aaie draai-aai. En sy vroutjie hom vies aankyk. En as sy oor die reuk lawaai. Sê hy: Mammie, dit is geld wat jy daar ruik.
Varkie Voster van Koster. Die man onder die manne is hy. Wilder as ‘n wildtuin renoster. Maar die hartjie in sy lyf in net so klein
Sy pel is Kriek ‘n skaapboer van Prieska. Sê gereeld hy moet die varke laat los. Die pitte lê en skape en bokke. Dan sê Varkie vies: “Hoe kan ek?! Varkie Voster van Koster is ek mos!!!”
Terug Boontoe
14. BOERETANGO
Lirieke: Sorina Erasmus (In MS Samro)
Musiek: Sorina Erasmus (In MS Samro) & Johan Rautenbach (In MS Samro)
Dis die Flooze ou broer wat vir jou koekeloer. Soek ‘n man met kuite soos n regte mielieboer Wat sy vat kan vat in Toyota tweede rat. Kan sokkie-sakkie-sakkie dat die spoeg so spat. Dis die Flooze, wat koekeloer.
Dis die Flooze wat cruise deur die platteland. Haar oë oophou vir n hardebaard man. Wat n slag kan slaat met n kwepersweep. Kan bulder as hy lag soos die donderweer. Dis die Flooze, dis sy wat cruise. Die boer soek ‘n vrou, maar die Flooze soek n ou. Wat skoffel en kan swaai en kan sê eks lief vir jou. Gee haar ‘n roos met ‘n liggie vir ‘n very special vrou. Hy moet haar styf soos n bobbejaan spanner vas kan hou
Pappie, jy met die kakie en die kuite? Ekskuus dame? Dame? Jy’s nogals romantic hê? My voete juk nou steam. Kan jy skoffel, Stoffel. Kom ons gooi dit balke toe!!
Hy doen die windpomp dans. Sy doen ‘n cha-cha-cha. In ‘n twostep twist twist twist, hy spin haar like this this this. Dan volg die kalfiewals. Hy vat ‘n koeksister draai. Pappie jy kan dans, he. Nooi, dis die boeretango daai
Dis die Flooze my omie sy’t haar oog op jou. Sy sien hoe jul in Witbank by die dam gaan trou. Met ‘n foxtrot, vastrap, ‘n tiekiedraai. Tot die hoenders en die hane in die oggend kraai. Dis die Flooze, my omie sy watch jou!!
Terug Boontoe