Hoezit my Tjomma

Sorina se album Hoezit my Tjomma is ‘n toonvenster van haar veelsydigheid. Die album het reeds goue status bereik en die alombekende titelsnit Hoezit my Tjomma laat elke ouma en kleinkind saam Floozerayna.
Die album fokus op oorspronklikheid en Sorina het 11 van die 16 liedjies self geskryf (drie ander in samewerking). Dat daar egter nie ‘n enkele cover of hermeng in sig is nie, is beslis noemenswaardig en met 16 liedjies waarvan elkeen die potensiaal het om ‘n hit te word, is dit beslis ‘n album wat jy in jou cd speler móét hê.


1. Hoezit My Tjomma
2. Sokkerbal-Laduuuma
3. 'n Lavender Lady
4. Witbank Wenresep
5. Bellydans Op Boeremusiek
6. Droomverlore
7. Praat Met My
8. Sonneblomme
9. Leen My Jou Vlerke
10. Voor Die Televisie
11. 'n Biki Vir Ricki
12. Sprokie
13. 'n Tweede Kans
14. Kinderhelde
15. Kannie

Met ‘n opwindende balans tussen luisterryke ballades, sneltempo-rock, lekker-ligte-liedjies en selfs ‘n skeut humor bygeklits, kan jy ‘n allegaartjie verwag waarvan oud en jonk, warm en koud sal hou. Sorina is ‘n talentvolle vertolker en dis veral toe sy ‘n aantal humorliedjies vir die album geskryf het, dat sy uiteraard haar alter ego Flooze in gedagte gehou het. Maar behalwe vir die humor, bied die meerderheid van die album meevoerende komposisies en dit is juis die ernstiger werk – waaronder veral die titelsnit – wat die breë spektrum van Sorina se talent ten volle ten toon stel.
Hoezit my Tjomma is Sorina se eerste album as deel van EMI internasionale platemaatskappy

HOEZIT MY TJOMMA is landwyd beskikbaar

Leer Die Lirieke!!

1. HOEZIT MY TJOMMA!

Sorina Erasmus & CJ Boshoff (In MS (SAMRO) SA/EMI Music Publishing)

Hoezzzit my tjomma!! Witbank is die valley waar jy my kry In ‘n leather jacket op ‘n bike wat ek ry Jy tune ek is tappit as die bike se engine raas Maar ek promise jou, tjomma hierdie common girl het class Hey! Ek klap vir jou as jy met ander goose chat Al is jou bynaam Hot Lips, Hasie of Gert Ek laaik armdruk, die Kareoke Koningin Ken elke move, elke groove – elke ding!! Maar wat ookal jy doen, moet nie dat ek jou hoor nie Jy wil nie ‘n fight met ‘n chick soos ek verloor nie So hoezit, my tjomma Hoe lykit my ou Ek ken die Macarayna How low can you go Hoezit, my tjomma Hoe lykit, my ou Die Witbank Flooze is on the looze Hey, ek watch jou… Burn die rubber baby as ek jou impress Ek laaik ‘n Diesel ou in ‘n wit en greasy vest Skoene met hakke laat my voete swel en ruik Ek service self die karre én braai my eie steak Ek laaik Britney Spears, Dolly Parton is my held Ek snork as ek lag, boks vir ekstra geld Jy scheme ek is crazy, jy dink ek is so zef Jy kan lag en vingerwys as ek getune-de Vollas ref Maar wat ookal jy doen, moet nie dat ek jou hoor nie Jy wil nie ‘n fight met ‘n chick soos ek verloor nie So hoezit, my tjomma Hoe lykit my ou Ek ken die Macarayna How low can you go Hoezit, my tjomma Hoe lykit my ou Die Witbank Flooze is on the looze Hey, ek watch jou… Diep in my hart… ek bly ‘n mens Actually ‘n metroman – dis my wens Anders as ander – ek scheme – kan ek min verander So, aanvaar die excuse Ja! Ek is ‘n wille Witbank Flooze Whatever!!! Hoezit, my tjomma Hoe lykit my ou Ken jy die “Flooze-rayna”
How low can you go Hoezit, my tjomma Hoe lykit my ou Die Witbank Flooze is on the looze Hey, ek watch jou
Terug Boontoe


2. SOKKERBAL-LADUUUMA

Braam Riekert (In MS (SAMRO) SA)

Iets in die land is aan die brand. ‘n Vreemde verskynsel in die lug En bring ‘n warm koors na Suid-Afrika terug Is dit ‘n fireball?! Is dit ‘n maskerbol?! Is dit die Superbowl?! Dis ‘n sokkerbol! “Bonjour” Fransman. “Nei ho” Chinatown. “Buona Sera” Italia. “Ohayoou Gozaimas” Japan! Aló Hola, Qué tál, Dumela, Hallo Boet gaan dit goed? Dis hoe al die lande groet! Is dit ‘n blombol? ‘n Matriekbol? ‘n Bolletjie Bol? Dis die sokkerbol!
Dit is ‘n sokkerbol Waarmee Bafana jol Ons sien dit alles tuis Saam tjommas by die huis Die wêreld gaan kom kyk Hoe South Africa nou lyk En ons sal reg moet staan Om almal te verstaan Wees polite en sê dan mooi “Bonjour” Fransman. “Nei ho” Chinatown. “Buona Sera” Italia. “Ohayoou Gozaimas” Japan! Aló Hola, Qué tál, Dumela, Hallo Boet gaan dit goed? Dis hoe al die lande groet!
Tale moet ons leer Om te komunikeer Knap jou iengliesh op ou tjom Here gaan baie souties kom Leer chinees praat “Rú hé” is hoe laat Want as iemand jou sou vra Blaas die fluitjie dalk al klaar! Daar is Portugal en Paraguay, Chilli France Uruguay, Spain Greece South Africa, Brazil Slovakia, Mexico Nigeria, China Australia, Almal in South Africa, Sal die gaste moet verdra! Wees polite en se dan mooi:
Terug Boontoe


3. ‘N LAVENDER LADY

Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA)

Hy het geweet Sy het vergeet Wat sy naam is Toe’t hy probeer Om haar voor te keer En te kyk of daar ‘n kans is Om haar te leer Te kommunikeer Voordat dit te laat is Hy het gewag En toe sy opdaag Weet hy dat dit ‘n laaste kans is Dis ‘n blue-eyed boy en ‘n lavender lady Hy vra haar hand en sy sê : Ye oh ye oh baby!! Baby vir jou blom my hart so rooi Sê die lavender lady vir die blue-eyed boy Die tweetjies het weer ge-date En sonder spyt Het hul handjies gehou Die liefde ontluik Hy vra haar toe uit Hierdie blou-oog ou Want dit was ‘n feit Met liefde so great Hy met haar wil trou Hy’t nader getree En gaan op sy kniee En vra haar hand as sy vrou Dis ‘n blue-eyed boy en ‘n lavender lady Hy vra haar hand en sy sê : Ye oh ye oh baby!! Baby vir jou blom my hart so rooi Sê die lavender lady vir die blue-eyed boy En jare later na ‘n kleinkind of twee Het die 50ste herdenking van hul huwelik gebeur En wonder mens of hul die ontmoeting onthou Vra jy hulle – dan sê hulle jou Dit was ‘n blue-eyed boy en ‘n lavender lady Hy onthou hy vra haar uit en sy onthou toe sê sy maybe Baby vir jou blom my hart so rooi Sê die lavender lady
Terug Boontoe


4. WITBANK WENRESEP

Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA)

Vat ‘n flooze se wille moves & chop dit op Gooi dit saam met biki kommin in ‘n pot Spice die mengsel met n bike Soveel tjommas soos jy laaik Add ‘n ou met ‘n moh to make it hot. ‘n Spiertier innie mix is ook ‘n moet En klits ‘n biki Witbank by die goed En bedien dit saam met eish Laat ‘n tappit girl jou wys Hoeveel skop en hoeveel woema in dit woed En dan Shaky, shaky shaky juice Cheers op happiness, my goose Bedien met basil blare, alte vars Dis ‘n secret recipe Van ‘n (fluit) wannabe Al dink al die snobs jy het nie class.‘n Spanner om te roer is number one Gooi Riki Lake en Jerry Springer saam. ‘n Cortina ingemix Sal dit bittervinnig fix En jou worries in ‘n snap oorsit in fun. Shaky, shaky shaky juice Cheers op happiness, my goose Bedien met basil blare, alte vars Dis ‘n secret recipe Van ‘n (fluit) wannabe Al dink al die snobs jy het nie class
Terug Boontoe


5. BELLYDANS OP BOEREMUSIEK

Sorina Erasmus & Johan Rautenbach (In MS (SAMRO) SA)

Sy hou van heavy metal in die somer Is ‘n logiese, impulsiewe dromer Doen joga in die son met ‘n sweetpak Haar troeteldier ‘n uitgevrete speenvark Sy is kômmin Sy is cool Net soos wat sy voel En dalk ‘n bietjie crazy Maar ‘n regte egte lady En sy kan Bellydans op boeremusiek Laaikit om te huil in ‘n Bollywood fliek Ry ‘n 14honderd bakkie, het blou belt in karate Al dink mens sy’s ‘n freak Sy is ‘n metro-chick Sy’s ‘n hippie in die hartjie van die lente Stuur Kersfees vir haarself persente. ‘n Energieke kaalvoete boskind. ‘n Volwasse vrou wat haar voete nog vind Want sy is kômmin Sy is cool Net soos wat sy voel En dalk ‘n bietjie crazy Maar ‘n regte egte lady En sy kan Bellydans op boeremusiek Laaikit om te huil in n Bollywoodse fliek Ry ‘n 14honderd bakkie, het blou belt in karate Al dink mens sy’s ‘n freak Sy is ‘n metro-chick
Terug Boontoe


6. DROOMVERLORE

Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA)

In ‘n stowwe pad se spore Staan ek droomverlore Deur die warrelwinde wat my waai
Met my deurmekaar takhare Voel ek deur die blare My hart het my alweer vir jou verraai
En ek sal nie verder loop nie Sal nie ophou hoop nie Sal ek aanhou soek na jou Ek gaan nie moed verloor nie Al wil jy my nie hoor nie Ek wag my lewe lank vir jou
In ‘n oseaan se strome Spartel ek verlore Deur die see se golwe wat my maal
Tog tussen monster-haaie Voel ek bietjie baie Bang, maar toe het jy my daar kom haal Jy het gesê ek moenie sink nie Ek moenie verdrink nie Jy het aanhou soek na my Jy het nie moed verloor nie Gedog ek wou nie hoor nie Jy wag jou lewe lank vir my
In wolke en lugstrome Nou droom ons 2 verlore Onder vlerke wat ons saam laat vlieg So sweef ons twee tesame Verder deur die jare Want ek het jou en jy het my so lief En ek sal nie verder loop nie Sal nie ophou hoop nie Sal ek aanhou soek na jou Ek gaan nie moed verloor nie Al wil jy my nie hoor nie Ek wag my lewe lank vir jou Jy het gesê ek moenie sink nie
Ek moenie verdrink nie Jy het aanhou soek na my Jy het nie moed verloor nie Gedog ek wou nie hoor nie Jy wag jou lewe lank vir my
Terug Boontoe


7. PRAAT MET MY

Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA)

Gister toe was ek nog saam met jou Jy wou sê, ek kan jou maar vertrou Maar hoekom het jou woorde bly ontwyk? Jou oë het reeds vir ‘n ander begin kyk… Jy’t gesê jy lief my elke dag net weer Maar hoekom voel my hart so insecure? Want as jy my kom soen en dan wegry Wonder ek, gaan jy by haar verby En ek wens ek kon jou vra: Is wat ek dink… dalk waar?
Praat met my Als wat jy vir haar wil sê Geheime in jou hart Dit maak my so verward ‘n Stilte wat in my kom lê En wees vir my Als wat jy vir haar wil gee Jou liefde en jou leed Maar net voor jy my vergeet Kom praat met my ‘n laaste keer… Jou liefde raak al kouer elke dag Jou oë begin al minder saam my lag Jou kuiers raak al korter saam met my Verskonings al hoe meer wat ek moet kry Ek wens ek kon jou vra: Is wat ek dink… dalk waar?!? Praat met my Als wat jy vir haar wil sê Geheime in jou hart Dit maak my so verward ‘n Stilte wat in my kom lê En wees vir my Als wat jy vir haar wil gee Jou liefde en jou leed Maar net voor jy my vergeet Kom praat met my ‘n laaste keer
Terug Boontoe


8. SONNEBLOMME

Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA)

Ek besaai ‘n pad met blomme net vir jou En oral waar ek gaan sal ek onthou Dat ek besaai ‘n pad met sonneblomme net vir jou En oral waar jy gaan moet jy onthou Sou jy dalk die plek vergeet Sal jy wel die rigting weet Die son se kinders sal jou lei Daar waar jy vir my moet kry Waar ek in goudgeel velde bid En arms oop gesigte pluk En sit dit In jou hare In jou hande In ‘n blomtuin Vir ons tesame Groei deur my – deur jou Want ek besaai ‘n pad met blomme net vir jou En oral waar ek gaan sal ek onthou Dat ek besaai ‘n pad met sonneblomme net vir jou En oral waar jy gaan moet jy onthou Dat gate wel die teer kan slag En rowers langs die pad kan wag Dat mistigheid jou kan mislei Maar kyk net anderkant verby Waar ek in goudgeel velde bid En arms oop gesigte pluk En sit dit In jou hare In jou hande In ‘n blomtuin Vir ons tesame Groei deur my – deur jou Sou jy dalk eendag verdwaal En die pad nie verder weet nie Of droogte en donker neerdaal Lyk of dit nie wil reën nie Volg dan net die pad waar my liefde vir jou blom En sit dit In jou drome In jou dae In jou hart Se sonskynmaande Groei deur my – deur jou
Terug Boontoe


9. LEEN MY JOU VLERKE

VIR-‘N-VRIEND
Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA)

leen my jou vlerke en laat ek verder vlieg gee my weer lus vir die dag wat op my wag maak my van vooraf op die lewe weer verlief en wees my bron van krag dat ek weer vir môre kan lag as die lig in my dag in sy leed verdwyn as die son in my lag dreig om minder te skyn as my vrees in die nag my hoop laat kwyn sal ek jou pleit sal ek vra dat jy my daardeur sal dra sal jy my daardeur kan dra? leen my jou vlerke en laat ek verder vlieg gee my weer lus vir die dag wat op my wag maak my van vooraf op die lewe weer verlief en wees my bron van krag dat ek weer vir môre kan lag as my vyand my volg om my te verslind as die onheil my in boeie wil bind as my hart my verwyt oor ek myself wil vind sal ek jou pleit sal ek vra dat jy my daardeur sal dra sal jy my daardeur kan dra? leen my jou vlerke en laat ek verder vlieg gee my weer lus vir die dag wat op my wag maak my van vooraf op die lewe weer verlief en wees my bron van krag dat ek weer vir môre kan lag en al sou die hoop my hart ontgaan dan sal Jou Liefde vooruitgaan om donkerte te verdryf want aan die einde van ‘n tonnel is ‘n Lig wat altyd skyn!
Terug Boontoe


10. VOOR DIE TELEVISIE

CF Cronjé & CJ Boshoff (EMI Music Publishing/EMI Music Publishing)

So sê my waar’s die somer Toe jou hart nog myne was Toe die legkaart van ons liefde In ‘n fotoraam kon pas? Want die stukke lê nou orals En ek raai daar’s stukke weg Hoe maak ons hulle bymekaar En wat stukkend is, weer reg? Ek weet dit is die moeite werd En ek weet jy weet dit ook Maar sonder water binne Hoe gaan die ketel kook? Ons sit voor die televisie Stil na nog ‘n simpel rusie En ek wens ek het geweet waaroor dit gaan Dis alles so onnodig Dis bitter en oorbodig Hoekom sukkel ons om liefde te verstaan? Vandag voel net soos gister En weer môre soos vandag Ek mis jou hand in myne En die luister na jou lag Die nader raak al verder En die afstand maak my bang Maar hoekom as jy hier is Wil ek dan na jou verlang? Die jare het seisoene En die lewe neem sy loop As ons onsself verander Kan ons weer lugtyd koop? Ons sit voor die televisie Stil na nog ‘n simpel rusie En ek wens ek het geweet waaroor dit gaan Dis alles so onnodig Dis bitter en oorbodig Hoekom sukkel ons om liefde te verstaan? As ons besluit dit is finaal verby Wat maak ons met die res van jou en my? Dis nou te laat vir voorsorg Of ‘n inruil op die waarborg Sal ons ooit beter as mekaar kan kry?
Terug Boontoe


11. ‘N BIKI VIR RICKI

Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA)

In ‘n lekka local joint, sakkie-sakkie op die oor Word die remix van “Ou Ryperd” vir die 10de keer gehoor Die nerds en die punks try hul afstande te hou En die opsitkers-brigade op die dansvloer kappit flou Die ducktails het die cocktails vir die aand geannekseer Bakvissies poeier hulleself die soveelste-te keer Die tannies met die jewellery het die make-up overdo En die tappit VIP sê: “VIP, I’m coming through”
Want dis ‘n party-party-party soos op Ricki Lake se show ‘n Chick en ‘n auntie en ‘n anner man se vrou Dis ‘n boogy wyl ‘n tannie baby- bootsies sit en brei ‘n Hele paar gaan 10-teen-1 verwagtend daar wegry Die een se broekie sit te styf, om die voue van haar lyf En die anner een is kaalkop met ‘n mullet en ‘n kuif Maar dit dans oppie tempo van ‘n techno-song se beat Wyl die sound innie speaker met distortion aanhou feed Dis ‘n rock en ‘n roll oppie ritme van ‘n liedjie Dis ‘n sweterige swaai, rondomtalie en ‘n tiekie-tiekie-tiekie Draai die bubblegum-musiek oppie wysie vannie maat Opgejam, ingeplug op Simple Simon se formaat van – Put your hands in the air Now wave them to the left Put them on your head, man! And shake your body – booty Shake your body Step forward And back And forward, ye! And back Turn around now! Turn around now Turn around & shake your body, shake your beat-o- body beat-boy Beat-o-body beat-boy! Beat-o-body beat-boy Beaty-boy beat-boy, beat-o-body-body Dis ‘n party-party-party soos op Ricki Lake se show ‘n Chick en ‘n auntie en ‘n ander man se vrou Dis ‘n boogy wyl ‘n tannie baby-bootsies sit en brei ‘n Hele paar gaan 10-teen-1 verwagtend daar wegry Rooi hakstene Ellelange bene Hare in ‘n poniestert Opgedollie, opgetert Want net na sewe Begin die nag se lewe Elke kleur en elke geur In rye voor die klub se deur Heyto potato – a wannabe potato! Want dis ‘n party-party-party soos op Ricki Lake se show ‘n Chick en ‘n auntie en ‘n ander man se vrou Dis ‘n boogy en die tannie brei die bootsies nou verwoed Want om een of ander rede koop die mense al die goed! Dalk nie oor hul wil nie, maar miskien oordat hul moet... Go Ricki!
Terug Boontoe


12. SPROKIE

Sorina Erasmus/Terry Dempsey (In MS (SAMRO) SA/Angela Music)

Al staan Tom & Jerry net wêreldwyd rond Al verdrink Lassie, die langhaar hond Al kry niemand nêrens vir Nemo nie Al moor Tarzan vir Rambo Al raak Pandora se boks verlore Al is Cinderella vir Shrek beskore Al is Pokemon se magic powers ‘n leuen Bly jy steeds ‘n tjom op wie ek altyd kan steun Beauty en die Bees is toe stilletjies geskei Heidi het by Holgerson werk gekry Pinki maak die Brain met sy dommigheid mal En Jack het vir Jill poer-des-dinges geval Al wou die padda nooit gaan opsit in die vlei nie Al het blommeland ‘n nuwe koning gekry En Babe het die skape toe al die tyd gekroek Sal ek altyd daar wees as my pelle my soek Dit is alles waar Dit is alles daar Dit is alles waar Jy is altyd daar En al is al die sprokies eendag altyd kant en klaar Is die storie van ons lewe nog ‘n ewigheid daar Al is daar geen dwergies teen daardie tyd meer oor nie Sal ek moments van my buddies – in my memory stoor Al het Bugs Bunny ‘n pels geword Al is Barbie nou ‘n lawyer in die court Al het Sneeuwitjie in ‘n heks ontaard Die Bliksoldaatjie het ‘n no-name hart Al val Liewe Heksie van ‘n besem Al gee Bennie Boekwurm ‘n boring lesing Al het die Wolf deep down ‘n sielkundige knou Bly jy steeds ‘n tjom op wie ek altyd kan vertrou Dit is alles waar Dit is alles daar Dit is alles waar Jy is altyd daar En al is al die sprokies eendag altyd kant en klaar Is die storie van ons lewe nog ‘n ewigheid daar Al is daar geen dwergies teen daardie tyd meer oor nie Sal ek moments van my buddies – in my memory stoor Bin Laden was toe eintlik Smeagal se broer Die skurwe Gummy Bears het die Jelly Babies afgeloer Al is Superman ‘n metroman Sal ek steeds eerder vir ‘n boereseun gaan Al het Skillie bietjie langs Hasie gerus Al is die Terminator nou ‘n politikus Al het Spiderman saam met E.T gedop Sal ons vriendskap – soos ‘n sprokie – nooit kan stop
Terug Boontoe


13. ‘N TWEEDE KANS

Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA)

Daar waar ek na foto’s kyk Waar ons twee gelukkig lyk Soos helde in ‘n storieboek Saam gedroom en saam gesoek Na die goudpot in ‘n reënboogland Genade-gawes hand aan hand Met liefde wat ons so kon seën Tog hier staan ek nou alleen Ek en jy – wat alles deurgemaak het Het weggedryf en van mekaar gevlug Ver verby – hoe jy my hart geraak het Wens ek nou jy kom terug Daar waar jy jouself bevind Dalk gelukkig soos ‘n kind Wonder ek dink jy aan my As jy foto’s van my kry Van hoe ons saam kon lag, kon leef Min geweet wat ons nou beleef Vreemdelinge vir mekaar Is ons liefde dan nou klaar? Want ek en jy – wat alles deurgemaak het Het weggedryf en van mekaar gevlug Ver verby – hoe jy my hart geraak het Wens ek nou jy kom terug En kan ons nie net weer nie, probeer Voor die tyd verby is, nog ‘n keer Al het ons liefde vir mekaar verleer ‘n Tweede kans voor ons dit nou verbeur Na jou terugkeer
Terug Boontoe


14. KIDERHELDE

Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA)

Toe ek in graad 1 was, wou jy met my kys Standerd 1 se midnight feast – Vrydae by my huis Fliek in standerd 3 wou jy graag handjies hou Laerskool kissing touchers het ek altyd gegaan vir jou Standerd 6 ontgroening – groentjie konsert Eerste sokkie-sakkie-sakkie was die moeite werd Veldskool daardie jare is baie aangejaag Matriekafskeid se joligheid met ‘n Limo opgedaag Onthou jy vir Vicky wat sy neus so vryf? Mina Moo, Bak en Terie wat ‘n melkery bedryf? Swart Kat was ‘n hero – elke boeregirl se droom Pokkel was die eekhoring Het jy ook gehuil toe Dawie verander in ‘n boom Eerste jaar se vet-sindroom sit aan jou lyf Jool se blomme vou wou jou van jou kop af dryf Siekebriewe fake en hereksamens pluk Want clubs en die hole – ons het geleef vir dit Onthou jy vir Vicky wat sy neus so vryf? Mina Moo, Bak en Terie wat ‘n melkery bedryf? Swart Kat was ‘n hero – elke boeregirl se droom Pokkel was die eekhoring Het jy ook gehuil toe Dawie verander in ‘n boom Maar Trompie is nou groot, Haas Das verby Albei getroud, het ‘n goeie werk gekry Maar tog dan wonder ek soms wat het van jou geword Is al ons kinderhelde dan saam met Knerses fort?
Terug Boontoe


15. KANNIE

Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA)

Ek kannie slaap, ek kannie sit, ek kannie werk, ek kannie eet nie Kannie vir ‘n stil moment van jou vergeet nie Kannie fokus of behoorlik konsentreer nie Kannie jou gesig van my laat disappear nie Kannie dagdroom sonder om aan jou te dink nie Kannie my imagine hoe dit vir jou moet klink nie As ek sê ek kannie eens behoorlik funksioneer nie Kannie glo dat so iets ook met my kan gebeur nie Want jy Jy spin my Vas in die drade van jou hart En ek Moet hard werk Om nie daarin vasgevang te raak nie Lê, ek kannie staan, ek kannie draf, ek kannie loop nie Kannie vir ‘n oomblik daarvan ophou hoop nie Dat ek nie kan help om so verlief te voel nie Kannie hierdie feeling van my weg laat spoel nie Kannie in die aande langer wakker lê nie Kannie ophou om dit vir jou te sê nie Want ek kannie stop om hierdie song te skryf nie Ek kry net nie genoeg van jou lyf nie Want jy Jy toor my Met die goedheid en die liefde in jou hart En ek Ja, ek moet harder werk Om nie daarin vasgevang te raak nie Want vir my Is jy ‘n Ideale en ‘n beautifulle ou En ek Ek sal moet hard werk Om jou aan my, by my sy te hou Want dit is net vir jou wat ek wil hê So, ek hoop jy voel dieselfde sodat jy ook sal kan sê: Jy kannie... Slaap, jy kannie sit, jy kannie werk, jy kannie eet nie Kannie vir ‘n stil moment van my vergeet nie Kannie fokus of behoorlik konsentreer nie Kannie my gesig van jou laat disappear nie Kannie dagdroom sonder om aan my te dink nie Kan jou nie imagine hoe dit vir my moet klink nie As jy sê jy kannie eens behoorlik funksioneer nie Kannie glo dat so iets ook met jou kan gebeur nie Lê, jy kannie draf, jy kannie staan, jy kannie loop nie Kannie vir ‘n oomblik daarvan ophou hoop nie Dat jy nie kan help om so verlief te voel nie Kannie hierdie feeling van jou weg laat spoel nie Kannie in die aande langer wakker lê nie Kannie ophou om dit vir jou te sê nie Want jy kannie stop om hierdie song te skryf nie Jy kry net nie genoeg van jou lyf nie Jy kannie !!!
Terug Boontoe


‘N LAVENDER LADY (Sk8r Mix)

Sorina Erasmus (In MS (SAMRO) SA