Engel met ‘n angel


Engel met ‘n angel is Sorina se eerste (onafhanklike) album en het die grondslag gebied vir haar musiekloopbaan wat tans besig is om hewig vlam te vat.
Dit  is ‘n dubbel album met 19 oorspronklike liedjies uit Sorina se pen & die tipe musiek kan verdeel word in ‘n engel-deel & ‘n angel-deel soos die album se titel tereg uitwys.
Die engel-deel bestaan uit rustiger tipe liedjies wat ‘n element van diepte bevat in terme van die bewoording en musiek wat dit ondersteun, terwyl die angel-deel ‘n vars en vernuwende aanslag het en fyn vermeng is met ‘n tikkie humor en draakstekery – soos byvoorbeeld die skreeusnaakse tong-in-die-kies liedjie Sir Spietkop saam die legendariese spietkop meester, Leon Schuster.
Hoezit my Tjomma is Sorina se eerste album as deel van EMI internasionale platemaatskappy.
ENGEL MET ‘N ANGEL is ongelukkig NIE in die winkels beskikbaar nie en indien u graag ‘n CD wil aankoop, stuur asb ‘n mail na admin@sorina.co.za